Jy het die masjien gekry. Maar kan jy die verkoper, die masjien en die proses vertrou?
Met ’n internasionale aankoop is die grootste risiko dikwels nie waar die masjien staan nie, maar hoeveel jy werklik weet voordat jy betaal.

Om ’n geskikte masjien aanlyn te vind, is vandag relatief maklik. Die moeiliker vrae kom daarna: Kan die verkoper vertrou word? Is die toestand werklik soos beskryf? En hoe verseker jy dat die masjien waarvoor jy betaal het, veilig in Suid-Afrika aankom?
Dit is juis hier waar ondervinding en plaaslike teenwoordigheid in die oorsprongmark belangrik raak. Tractors International verifieer verkopers en evalueer masjiene voordat ’n aankoop gefinaliseer word. Waar nodig, kan ’n masjien persoonlik besigtig word of word daar deur betroubare bedryfsvennote nader ondersoek ingestel. Die doel is eenvoudig: om soveel moontlik onsekerheid uit die besluit te neem voordat die kliënt hom finansieel verbind.

Hierdie benadering is in die praktyk getoets met meer as 400 invoere oor ’n tydperk van 17 jaar wat onder andere kuilvoerkerwers, balers, platsnyers, parsmasjiene, telehandlers, stroper tafels en onderdele insluit.
Die risiko eindig natuurlik nie wanneer die masjien betaal is nie. Vir dié rede lewer Tractors International ‘n alomvattende invoerdiens wat insluit deur-tot-deur versekering, verskeping, padvervoer, permitte, SA registrasie, de-tiering ens. Die risiko is niks groter as wanneer jy ‘n masjien in Suid-Afrika sou koop en vervoer nie.
Die kernvraag is dus nie bloot of ’n masjien oorsee beskikbaar is nie. Dit is of die verkoper, die masjien én die hele proses behoorlik geëvalueer en bestuur word.
Met verteenwoordiging in Suid-Afrika en in die Noordelike Halfrond help die Tractors International span om
daardie proses van eerste ondersoek tot finale aflewering te bestuur.
Kontak Herman Conradie:
Tel: 087 551 0502
WhatsApp: 0044 7969 886 404
E-pos: sales@tractorsinternational.com
Webwerf: www.tractorsinternational.com

